Swartklip Spar – Mandela dag

30-Mandela Helpende Hand NorthamSwartklip Spar het op 18 Julie ook hulle 67 minute vir Nelson Mandela dag uitgevoer. Die blikkies kos wat ingesamel is, het hulle aan Helpende Hand Northam tak geskenk wat weer deur hulle versprei sal word aan behoeftige gesinne. Hierdie skenking word opreg waardeer. Na die staking is daar nog gesinne wat swaar kry en ‘n beroep word op die publiek gedoen om hulle weereens by te staan met enige iets, vanaf onbederfbare voedsel, klere, komberse enige iets wat u nie gebruik nie. Of selfs as u ‘n lid wil word van Northam tak teen slegs minimum van R50.00 per maand is u welkom. Kontak gerus die skakelbeampte Isobel Cahill by sel: 084 5181 074. Op die foto is vlnr: Annatjie Dreyer (Addisionele Lid) René Laas (Voorsitster), Amanda Legodi, Sarah Modikwa, Tanja Visser (Spar) en Keke Lehasa (Spar)