Mandela dag inspirasie

Saterdag, 19 Julie het Thabazimbi se Korrektiewe Dienste hul 67min en soveel meer gegee vir die Thabazimbi Helpende Hande se kanker versorgingseenheid. Op die foto vlnr staan Phillip Motlhake, Rykie May (Helpende Hande) en Paul Hattingh. Saam met hulle op die foto is sommige van die oortreders wat met die gemeenskapsprojek gehelp het.

THABAZIMBI – Thabazimbi korrektiewe dienste in samewerking met die Cimarron Iron Clan (TBZ) en Inka Riders (TBZ), het hulle Mandela dag begin op Saterdag 19 Julie, waar hulle die Helpende Hande se Kanker Versorgingseenheid mooi en skoon gemaak het.
Rudi en Elsa Dye van Inka Riders en Henk Botha van Cimarron Iron Clan was van die helpers van Saterdag se skoonmaak sessie.
Korrektiewe dienste het nie net vir Saterdag die eenheid onder hulle vlerk geneem nie, hulle gaan die res van die jaar sorg dat dit mooi, skoon en alles in ‘n werkende toestand gaan bly vir die kanker pasiënte wat daar versorg word.
Dit is deel van die korrektiewe dienste se gemeenskapsprojekte wat volgens wet deel is van oortreders se gemeenskapsdiens wat hulle moet verrig.
Die oortreders moet vir ‘n sekere tyd gemeenskapsdiens verrig, om hulle weer in staat te stel om in die samelewing te kan funksioneer. Enige organisasie in die dorp is welkom om Korrektiewe Dienste te kontak om algemene werk om besighede te verrig.
Kontak gerus mnr De Koker, mnr Hattingh of mnr Motlhake by 014 777 1009 kantoor of 082 416 9887.