Laerskool Koedoeskop – Krieket

30-LS Koedoeskop 1e KrieketLaerskool Koedoeskop se 1ste Krieketspan het van 1 tot 4 Julie ‘n krieketweek bygewoon te Jubaweni sportskool. Die span het 5 wedstryde gespeel waarvan hulle 4 wen. Die skool sien uit na ‘n besonderse krieketseisoen vanjaar. Die seuns se gedrag was ook onberispelik op sowel as af van die veld af. Die seuns bedank hulle ouers wat hulle wedstryde so getrou ondersteun het.
Op die foto is vlnr voor: Stefan Breet, Scott Denton, Wynand de Kock, Henko Cronje, Gustav Grobler, Herman Gough en Carlu Vos. Agter: Ruben Jansen van Vuuren, Dirco Slabbert, Luan Botha, JB du Toit, JT Cronje, Hennie Prinsloo (Afrigter) Letica Prinsloo, Arno Swart (Onderwyser)en Anema Denton