HFM Netbal prestasies

Me Christelle Kotzé van Hoërskool Frikkie Meyer, wat haar SASN A-gradering en NSA B+ gradering as netbal skeidsregter verwerf het.
Me Christelle Kotzé van Hoërskool Frikkie Meyer, wat haar SASN A-gradering en NSA B+ gradering as netbal skeidsregter verwerf het.

MARGATE – 14 dogters van HFM het gedurende die Julie vakansie na Margate getoer en in verskillende spanne deelgeneem aan die All Ages “tournament”. Die Limpopo netbalspanne het baie goeie netbal gehandhaaf en die dogters het die toernooi baie geniet.
Anmarie Boshoff het die beste prestasie van die toernooi verwerf, waar sy gekwalifiseer het vir die Top 60 netbalspelers van die toernooi. ‘n Woord van dank word gerig aan me Christine Reyneke wat die 0/15 B span afgerig het en me Christelle Kotzé wat as skeidsregter vir Limpopo opgetree het. Geluk aan Me Kotzé wat tydens die SASN toernooi (Skole SA toernooi) in Margate vanaf 28 Junie tot 4 Julie weer gegradeer met ‘n SASN (Suid-Afrikaanse Skole netbal) “A”-gradering. Sy het ook van 6 Julie tot 12 Julie in Durban opgetree as skeidsregter by die 0/19 en 0/21 senior SA toernooi. Sy het by dié geleentheid ‘n NSA (Netbal Suid-Afrika) B+ gradering ontvang. Hierdie gradering maak van haar die hoogs gegradeerde skeidsregter in Limpopo. Sy gaan gedurende die jaar skeidsregterkursesse aanbied. Kontak gerus Hoërskool Frikkie Meyer vir navrae.
Sterkte aan die 0/15 A-span wat volgende naweek, 1 en 2 Augustus gaan deelneem aan die “South African Schools Netball Tournament” te Boksburg.