HFM Krieket

TOER – Die 0/15 krieketspan het getoer van 6 to 9 Julie. Hulle eerste wedstryd was Maandag 7 Julie teen Ligbron se A-span. HFM kolf eerste en het 134 lopies gemaak in hul 30 beurte met kaptein Tiaan Raubenheimer wat 20 lopies gemaak het en Fielies de Jager het 25 bygesit op die telbord.
In HFM se boul beurt het Ligbron strek begin, maar HFM veg terug met Nimroe Lategan se vier paaltjies wat hy geneem het, maar ongelukkig verloor HFM met twee paaltjies.
Dinsdag 8 Julie se wedstryd het plaasgevind teen Potchefstroom Gimnasium en hulle het eerste gekolf. Gimmies het ‘n telling van 128-9 in hulle 30 beurte gemaak. Kevin Mulder het vier paaltjies en Anthony Buys het drie geneem.
Met HFM se kolf beurt het hulle in die 25ste beurt die wen lopies aangeteken en wen met ses paaltjies. Gareth Meyer het gehelp met 28 lopies en Nimroe Lategan met 27.
Woensdag was die laaste dag van die krieket toer en HFM speel teen Ligbron se 0/14 A span. HFM kolf eerste en kry 126-4 in 20 boul beurte. Brendan Vermaak kry 40 lopies en Rubin Ras 20. HFM boul vir Ligbron uit vir 94 en wen met 32 lopies.

Die eerste krieketspan toer het plaasgevind na Sundown Ranch, waar hul drie wedstryde gespeel het en afrigtingskliniek ondergaan het. Twee van die drie wedstryde het HFM se eerstespan gewen.
Die eerste wedstryd was teen Overvaal Hoërskool van Vereeniging. ZW van Deventer slaan 94 nie uit nie en Armand Azar 84 nie uit nie. Shaun Steenkamp teken ‘n goeie 55 lopies aan. In totaal het HFM 366 lopies die dag aangeteken. Die beste boulers vir HFM was Louis van Deventer met 3 vir 26 in 4 beurte en ZW van Deventer, 2 vir 18 in 4 beurte. HFM wen die wedstryd met 221 lopies.
Die tweede wedstryd speel hulle teen Hoërskool (HTS) John Vorster en teken 304 lopies aan. Armand het 61, Eugene het 47 en Shaun het 46 lopies elk aangeteken. HTS wen die wedstryd. Die beste bouler was ZW met 2 paaltjies.
Die span verkry ook ‘n derde plek uit agt spanne met die potjiekoskompetisie tydens die tweede aand van die toer.