Carla klim die beroemdheidsleer

Carla, geklee in een van Gert Johan Coetzee se skeppings, tydens die Gala aand van “Apprentesses” van Angelique Gerber waar sy die toekenning ontvang vir die gewildste deelnemer met die meeste stemme van die publiek en deelnemers.
Carla, geklee in een van Gert Johan Coetzee se skeppings, tydens die Gala aand van “Apprentesses” van Angelique Gerber waar sy die toekenning ontvang vir die gewildste deelnemer met die meeste stemme van die publiek en deelnemers.

THABAZIMBI – Die pragtige 20 jarige Carla Viljoen is vinnig besig om ‘n bekende naam te word in die skoonheids- en modewêreld. Vir diegene wat nie weet nie, Carla is ‘n oudleerling aan Hoërskool Frikkie Meyer en ook ‘n eertydse model van “Studio III model academy” waar haar grondslag vir modelwerk gelê is deur Peter de Beer in haar vroeë tienderjare.
Carla het al vele skoonheidstitels verwerf en het heelwat blootstelling verkry toe sy gedurende Mei 2013 as een van die loopplank modelle verkies is om bekende ontwerper Gert Johan Coetzee se skeppings te vertoon tydens SA Fashion week.
Sy het aan die gewilde landswye kompetisie, “Apprentesses” van Angelique Gerber, deelgeneem wat verlede week ten einde geloop het. Die pas afgelope naweek is die wenners van die kompetisie aangewys tydens die glansgeleentheid wat te Heartfelt Arena in Pretoria op 19 Julie gehou is. Carla was een van die 70 finaliste en het die “Public Choice” toekenning ontvang met die meeste stemme vanaf die publiek sowel as die ander deelnemers.
Hierdie kompetisie was ‘n ongelooflike platform en het soveel deure en moontlikhede vir haar oopgemaak. Die gemeenskap is opreg trots op haar en wens haar alle voorspoed toe waar haar droom vinnig besig is om ‘n werklikheid te word.