Bekende oorlede na lang siekbed

Faan Swanepoel is na ‘n lang siekbed op 11 Julie oorlede.
Faan Swanepoel is na ‘n lang siekbed op 11 Julie oorlede.

THABAZIMBI – Faan Swanepoel is na ‘n lang vermoeiende lugweg siekte oorlede op 11 Julie 2014. Hy was vanaf 1958 tot 1994 werksaam by Iscor Mynbou. In 1961 is hy met Nelie getroud en uit die huwelik is 4 dogters gebore wat hul dan met 9 kleinkinders en 6 agterkleinkinders geseën het. Faan word ‘n welverdiende soete rus met eindelose Hemelse asem gegun. Die begrafnis het op Vrydag 18 Julie 2014 vanuit die Gereformeerde kerk Thabazimbi plaasgevind. Die Swanepoel familie wil graag vir Drs du Plessis, Hearne, Maree en personeel en Medhof Apteek en personeel bedank vir jare lange hulp en ondersteuning. ‘n Groot dankie aan vriende en familie wat altyd daar was vir hulle.