Vandag is die dag – 18 Julie 2014

Op die foto wys van die vrywilligers ‘n paar van die sakke wat die kantoor reeds ontvang het. Op die foto is vlnr: Ilanorah, Denise, Marianne, Linda, Lieselotte, Sylvia en Janita (voor).
Op die foto wys van die vrywilligers ‘n paar van die sakke wat die kantoor reeds ontvang het. Op die foto is vlnr: Ilanorah, Denise, Marianne, Linda, Lieselotte, Sylvia en Janita (voor).

THABAZIMBI – SAVF Thabazimbi herinner almal aan die Mandela Dag Projek vandag 18 Julie – oud-president Mandela se verjaarsdag. In plaas daarvan om iets net vir 67 minute te doen om behoeftiges te help, wil hulle in hierdie tyd ook 67 sakke klere bymekaar maak om behoeftige gesinne te help.
Vandag, Vrydag 18 Julie, sal hulle by Thaba Super Spar Kerrie-en-rys verkoop en u kan sommer die klere daar inhandig terwyl u ‘n lekker bakkie Kerrie-en-rys geniet. Of koop van hul ander lekkernye en handgemaakte produkte.
Linda Grobler, senior maatskaplike werker en koördineerder van die projek, wil almal bedank wat reeds klere gebring het en wil ander gemeenskapslede aanmoedig om ‘n bydrae te maak. Die wat nie vandag, 18 Julie dit kan afgee tussen 09:00 en 12:00 die oggend nie, is meer as welkom om dit te bring op ‘n tyd wat vir hulle geleë is later in die maand na die kantoor te Parklaan 5.
Die kontaknommer by die kantoor is 014 777 1093. Linda Grobler, Marianne Jacobs en Christelle Barnard is die kontakpersone.