Thabazimbi groet legende

Theron Theunissen is oorlede op 14 Julie 2014.
Theron Theunissen is oorlede op 14 Julie 2014.

THABAZIMBI – Dis met groot hartseer dat die gemeenskap een van sy oud inwoners groet. Theron Theunissen is op Maandag 14 Julie op die ouderdom van 80 jaar na ‘n kort siekbed oorlede.
Theron en sy wederhelfte Sophia het hulself in die middel sestiger jare in Thabazimbi kom vestig waar hy by die eertydse Iscor werksaam was en na 42 jaar diens by die aanleg afgetree het. Hierdie egpaar was vir 54 jaar getroud en uit hul huwelik is 5 kinders gebore. Baie van die inwoners van Thabazimbi sal Oom Theron onthou vir die mooiste Clivias wat daar is. Die begrafnis vind op Dinsdag 22 Julie om 11:00 vanuit die Gereformeerde Kerk plaas.