R3,4miljoen vir goue wildebeesbul

King Arthur, die Goue Wildebeesbul wat tydens die Golden Breeders se Prestige Wildveiling by die Castle de Wildt Veilingskompleks te Modimolle vir die bedrag van R3.4 miljoen opgeveil is.
King Arthur, die Goue Wildebeesbul wat tydens die Golden Breeders se Prestige Wildveiling by die Castle de Wildt Veilingskompleks te Modimolle vir die bedrag van R3.4 miljoen opgeveil is.

Golden Breeders het dit tydens hul derde Prestige Wildveiling wat Saterdag 12 Julie by Modimolle aangebied is, reggekry om Wildveilings se standaarde weereens te skuif. Dat die 1800 stoele wat in die pragtige Castle de Wildt Veilingskompleks sitplek aan kopers en nuuskieriges moes voorsien heeltemal te min sou wees het gou duidelik geword. ’n Allamintige 552 kopers het geregistreer om aan die veiling deel te neem.
Die hoogte punt van die veiling was ongetwyfeld die R 3,4miljoen wat die goue wildebeesbul genaamd King Arthur behaal het. Die bul wat as ’n uitsonderlike gebalanseerde bul met ’n horing lente van 28” het wye belangstelling by kopers aangewakker. Die koper van King Arthur was mnr. Werner Olivier van Fednet Investments.
Nagenoeg 4000 nuuskieriges het met groot afwagting opgedaag by die Castle de Wildt Veilingskompleks. Wat ’n belewenis was dit nie! Dat dit enige in sy soort in die land is kan niemand oor stry nie. Die hele plek is vol groot olieverf skilderye van skaars wild, spesiaal vir die kompleks geskilder. Pragtige leerstoele met massiewe tafels, kaggels wat brand, en waterfonteine wat spuit dra alles by tot die unieke atmosfeer van die plek. Die massiewe veilingslokaal het genoeg plek dat kopers en belangstellendes, by ’n tafel kan sit en deelneem aan die veiling, terwyl daar lekker ge-eet en gekuier word.
Hierdie ongelooflike atmosfeer het bygedra tot die toppryse wat vir uitstaande diere behaal is. Altesaam agt nuwe rekord pryse is behaal. Die eerste rekord wat gespat het was die van ’n duiker rammetjie en ooitjie wat vir R 45 000 stuk verkoop is. Die vorige rekord was R 11 000. Klein bokkies het vir nog opwinding gesorg deurdat ’n steenbok-paartjie ook vir R 45 000 stuk verkoop is. Bosbokke se vorige rekord van R 24 000 wat in 2013 hier behaal is was volgende aan die beurt toe 1 ram en 2 ooie vir R 28 000 stuk verkoop is. Hartwater springbokramme is vir R 14 000 stuk verkoop. Die vorige rekord was R 9 000.
Die vraag na kwaliteit jong bulle was duidelik deurdat ’n jong 18 maande oue bul vir ’n rekord R 1,3miljoen aan Gamevest verkoop is. Volgens Niel Swart van Vleissentraal Bosveld, wat die veiling aangebied het, was die pryse van die Goue Wildebees verse bo verwagting goed.
’n Nuwe rekord bedrag van R 825,000 is vir ’n 18 maande dragtige vers betaal. Gamevest was die koper. Die gemiddeld van die 13 verse was R 621,154. ’n Dragtige goue Wildebees koei behaal R 600 000. Die hoër prys van goue vroulike diere het daartoe bygedra dat kopers bereid was om meer vir split diere te betaal. Goue wildebees split dragtige koeie met goue wildebees vers kalwers het vir ’n rekord R 320,000 stuk verkoop. Dragtige wildebees goue split verse behaal R 210,000, nog ’n rekord.
Die Hokveiling se omset het R53,234miljoen beloop terwyl die Katalogusomset R3,475,000 was, met ‘n totale omset van R56,709Miljoen.
Dat dit ’n wonderlike dag vir die hele wildbedryf asook families was, is verseker. Vleissentraal Bosveld bedank almal vir hulle ondersteuning en wens die verkopers geluk met die uitsonderlike veiling.