Wildsfees “Pre-party”

28-Dewside TuxedosFoto links: Wat a lekker Wildsfees “pre-party” by Dewside Restaurant en Brouery Vrydagaand 27 Junie – met groot dank aan die Canadian Tuxedos wat as DJ’s opgetree het! In die gewone lewe staan hulle in diens van Hilltop Live en is hulle deel van die span wat verantwoordelik is vir die verloop van feeste soos onder andere die Thabazimbi Wildsfees. Op die foto is vlnr: Hendrie Groenewald Venter, Nicol van den Berg en Gareth Wilson. Saam met hulle op die foto is Tanya van Dewside Restaurant in Thabazimbi.