Thabazimbi Boogklub Boogskietkompetisie tydens Thabazimbi Wildsfees 2014

THABAZIMBI – Die Boogskietkompetisie tydens vanjaar se Thabazimbi Wildsfees was weereens ‘n groot aantrekkingspunt.
Mense het van verskeie oorde saamgetrek en die dag saam met ons kom spandeer. Die uitleg van die baan het almal weer verras met uitdagings en dit het elke skut ongeveer 2 ure geneem om die volle baan te skiet. Daar was 20 drie-dimensionele teikens waarvan die klubhuis te Koos Cronjé Skietbaan die half-pad-merk was en elkeen iets kon nuttig en die keel gou natmaak.
Die punte het gewerk op 10 vir ‘n hartskoot en 8 vir ‘n long-skoot en die totaal was dan uit 400 en elke skut het 2 pyle per teiken geskiet.
Die weer het ook mooi saamgespeel en dit was nogal verbasend om te sien hoeveel toeskouers saam met die sowat 53 skuts geloop het. Die atmosfeer was regtig gesellig.
Namens die bestuur van Thabazimbi Boogklub word almal bedank vir hul ondersteuning en die gemoedelike gesindheid wat deurentyd geheers het. Volgende jaar word daar weer so gemaak. Kyk gerus uit vir hulle by die jaar se Dwaalboom Oesfees waar daar weer lekker pryse weggegee gaan word.
Vir enige navrae kontak gerus vir Cilliers by 082 449 4311 of Hannes by 083 490 9743 of doen sommer aan by Chris Welgemoed by Thaba Boog & Hengel, of besoek hul facebook bladsy.

27-Boogskiet foto 5

Die wenner in die kategorie "Cubs" is in die eerste plek Xander van de Groenekan van Thabazimbi Boogklub met 359, tweede is Devoux Deysel van Thabazimbi met 312 (afwesig) en in die derde plek Carel Rohrbeck van Thabazimbi met 306 (afwesig).
Die wenner in die kategorie “Cubs” is in die eerste plek Xander van de Groenekan van Thabazimbi Boogklub met 359, tweede is Devoux Deysel van Thabazimbi met 312 (afwesig) en in die derde plek Carel Rohrbeck van Thabazimbi met 306 (afwesig).
Die wenner in die  kategorie "Tradisionele boog" is in die eerste plek Dries Engelbrecht van Warmbad met 242, in die tweede plek Jaco Coetzee van Thabazimbi Boogklub met 240.
Die wenner in die kategorie “Tradisionele boog” is in die eerste plek Dries Engelbrecht van Warmbad met 242, in die tweede plek Jaco Coetzee van Thabazimbi Boogklub met 240.