Thaba bergfietsryer presteer

Riaan in aksie op hierdie uitputtende bergfietswedren.
Riaan in aksie op hierdie uitputtende bergfietswedren.

Riaan Nagel van Thabazimbi, en lid van die Black Rock fietsryklub op Swartklip, het verlede naweek aan die Sondela bergfietswedren in die Bela Bela omgewing deelgeneem. Hy het nie net uiteindelik eerste in sy kategorie geëindig, na ‘n naelrit na die wenpaal, nie, maar het daarmee saam die algehele 6de plek behaal.
Die Sondela bergfietswedren is vanjaar vir die vyfde keer aangebied en is die grootste wedren van sy soort in die Bosveld met byna 1400 inskrywings.
Die wedren wat oor 60 kilometer strek is vanjaar die eerste keer deur Bestmed geborg en hoewel die wedren nie te tegnies was nie – meestal Bosveld en Savanneveld – was daar heelwat sandstroke (ook bekend as “horizontal climbing”) waardeur die ryers moes swoeg.
Die uiteindelike wenner het slegs 7 minute voor Riaan geëindig in ‘n tyd van 2hr12min.