Terugvoering oor Helpende Hand projekte

Vrywillige lede van Helpende Hand van Northam-tak is op die foto vlnr: Suzette Schoonbee, Sophia Fourie, Jenny Streak, Adele Langley, Rene Laas, Annatjie Dreyer en Isobel Cahill.
Vrywillige lede van Helpende Hand van Northam-tak is op die foto vlnr: Suzette Schoonbee, Sophia Fourie, Jenny Streak, Adele Langley, Rene Laas, Annatjie Dreyer en Isobel Cahill.

SWARTKLIP – Solidariteit Helpende Hand Northam-tak het op 1 Julie 2014 ‘n algemene vergadering gehad waar bestuur sowel as lede bymekaar gekom het.
Terugvoering is gegee van projekte waarby Helpende Hand betrokke is onder andere die borging van skoliere vir toere. In Februarie en Maart is twee seuns geborg vir ‘n rugby- en landsdiens toer. Helpende Hand borg ook ‘n dogter vir ‘n korfbal toer. Dis belangrik vir Helpende Hand om kinders te ondersteun, want hulle is ons land se toekoms.
Positiewe terugvoering is ook gegee oor Helpende Hand Northam-tak se betrokkenheid by die voedselprojek in Rustenburg. Helpende Hand Northam het saam met die skole in Rustenburg gewerk om aan gesinne kos te verskaf en mense te laat weet wanneer kos beskikbaar was by die skole. Die voedselprojek sal nog vir die volgende drie maande duur.
In Mei het Helpende Hand Northam-tak klere en komberse van AQS(PTA) ontvang. In Junie het Pieter Naude by ‘n uitreik-aksie om fondse vir behoeftiges in te samel in Swartklip opgetree en Helpende Hand het ‘n groot skenking ontvang van kos en skoonmaakmiddels.
Helpende Hand Northam-tak wil graag elkeen wat ‘n bydrae maak bedank. Vir verdere navrae kontak die skakelbeampte Isobel Cahill 084 518 1074.