Koedoebul ewenaar rekord by veiling

Die Koedoebul wat vir R400 000 wat by die Thaba Manzi Veiling verkoop is.
Die Koedoebul wat vir R400 000 wat by die Thaba Manzi Veiling verkoop is.

Twee wildveilings het verlede Vrydag, 5 Julie, in die omgewing plaasgevind met redelik verskil in pryse waarvoor diere gegaan het. Dit was naamlik die Thaba Manzi Wildlife Services en die Ellisras Bosveldfees Wildsveilings.
‘n Pragtige koedoebul van 59″ op 6 jarige ouderdom is op Saterdag 5 Julie deur Ferdie Pistorius vir R400 000 op die wildveiling by Thaba Manzi Wildlife Services op Bela Bela aangekoop. Dit is die hoogste prys tot nog toe vir ‘n koedoebul in Suid Afrika.
Tydens die Erindi Wildveiling in Namibia op 4 April is dieselfde prys vir ‘n koedoebul behaal. Nog ‘n bul van 63″ op 8 jaar is vir R360 000 op die veiling in Bela Bela verkoop aan Walti van der Walt (Superior Game Breeder) van Mokopane. Die veiling is deur Vleissentraal Bosveld aandebied en Niel Swart was die afslaer.
Waar ‘n blouwildebeesteelgroep by die Thaba Manzi veiling teen ‘n gemiddeld van R2 059 verkoop is het ‘n blouwildebeesteelgroep by die Bosveldfees R6 103 gemiddeld behaal. Die bulle by die Bosveldfees was ook aansienlik duurder met R5 000 gemiddeld teenoor die R2 059 gemiddeld by Thaba Manzi.
Koedoebulle was by Thaba Manzi duidelik meer in aanvraag met die gemiddelde prys van R117 571 vir sewe koedoebulle teenoor die R24 000 gemiddeld wat by die Bosveldfees behaal is.
Rooibokke is in die orde van R2200 by beide veilings van die hand gesit, alhoewel Bosveldfees se Rooihartbeeste gemiddeld R2 000 meer behaal het as by Thaba Manzi.
Swartwitpense het by Thaba Manzi R 35 000 vir jong bulle behaal en die enkele volwassebul het R75 000 behaal.
‘n Katalogusveiling is ook by die Bosveldfees aangebied. Hier het ‘n rooibokooi met splitgene R52 000 behaal.
Die totale omset van die Thaba Manzi veiling was R2,591 miljoen teenoor die R 2,0071 miljoen wat die Bosveldfeesveiling opgelewer het.