HFM o/15 A-span gaan SA’s toe

28-HFM 015 netbal (3)Die o/15A span van HFM het tot dusver ‘n suksesvolle Netbalseisoen gehad en het gekwalifiseer om te gaan deelneem aan die “South African Schools Netball Tournament” op 7 Junie te Tzaneen toe hulle as naaswenners uitgetree het by die Limpopo Provinsiale Liga.
Vyf van die netbalspeelsters in die span het ook reeds provinsiale Limpopo kleure verwerf. Die SASN toernooi vind plaas te Boksburg op 1 en 2 Augustus 2014.

Foto links: Die meisies in aksie