Ghostriders MCC Thabazimbi maak weer ‘n verskil

Op die foto voor vlnr: Ghostriders TBZ Pres. Jaco Henning, Ghostriders TBZ Sekretaresse Marlene Olivier, Attel vd Merwe, Ghostrider TBZ Lid Anelise Potgieter en Ghostrider TBZ Lid Magriet Brown.  Agter: Ghostriders TBZ First Lady Mari Henning, Ghostriders TBZ Lid Chris Potgieter en Ghostrider TBZ lid Zelda Uys.
Op die foto voor vlnr: Ghostriders TBZ Pres. Jaco Henning, Ghostriders TBZ Sekretaresse Marlene Olivier, Attel vd Merwe, Ghostrider TBZ Lid Anelise Potgieter en Ghostrider TBZ Lid Magriet Brown.
Agter: Ghostriders TBZ First Lady Mari Henning, Ghostriders TBZ Lid Chris Potgieter en Ghostrider TBZ lid Zelda Uys.

THABAZIMBI – Die motorfietsklub,Ghostriders MCC Thabazimbi het weereens gewys dat hulle die gemeenskap in hul harte dra. Die onlangse mynstakings het vele gesinne in finansiële verknorsing gelaat en die Hoërskool Frikkie Meyer se Barmhartigheidsfonds help leerlinge wat die ergste hierdeur geraak word.
Die Ghostriders het Woensdag, 26 Junie 2014 vir HFM ‘n bydrae gemaak tot hierdie belangrike program. Thabazimbi Ghostriders President, Jaco Henning, het tesame met van sy klublede, volledige badsakkies aan Attel van der Merwe van die Barmhartigheidsfonds, oorhandig. Attel het namens die leerlinge hulle groot waardering vir die pakkies uitgespreek teenoor die Ghostriders.
Daar word vele liefdadigheids-projekte deur die Ghostriders beplan om behoeftiges in die gemeenskap te help. Die fondse wat hiervoor nodig is word onder andere deur hulle opkomende “Birthday Jol” op 26 Julie by Setaria lapa gegenereer. Oud en jonk word uitgenooi om die dag saam met hulle te kom geniet.