60tigste jaar, ysige landbouskou

THABAZIMBI – 2014 se Landbouskou is hierdie jaar met die tema Frozen beklee, dit is winter en die res van Suid-Afrika sal definitief saam stem met temperature wat tot in die -9 grade strek.
In die geskiedenis van die skou is hierdie die eerste keer wat hierdie tema gebruik word.
Thabazimbi Landbouskou bied ‘n dans aan op 1 Augustus, waar die saal soos ‘n yswoud en die verhoog soos ‘n yspaleis opgemaak gaan word. Daar is tien tafels beskikbaar wat aan die kante gaan staan soos ‘n “ys losie” teen R1000 per tafel en daar is plek vir tien aansittendes. Daar sal iets te drink wees op tafel asook iets te ete, besighede kan vir hierdie kans gebruik maak om nie ‘n onvergeetlike aand mis te loop nie.
Die program vir die aand begin 18:00 waar die deure oopgemaak word om 19:00 begin die aand se aktiwiteite met danse uit die fliek frozen (8 verskillende liedere).
Direk daarna gaan daar met die verrigtinge begin vir die Mej. Thabazimbi. Jay
sal deel wees van die Mej Thabazimbi en tussendeur die kategorieë van sy
liedjies sing. En voor die kroning sal hy groot en deels sy vertoning lewer.
Saterdag, 2 Augustus om 19:00 tree die sanger Johan du Toit op wat bekend daarvoor is, wat baie soos Jannie Moolman klink om mense op die punte van hul stoele te laat sit. Na hom om 20:00 tree Steve Hofmeyr op.
Mej Thabazimbi inskrywings vorms is gratis en is beskikbaar by Thaba SuperSpar, wat ook die hoofborg is van die aand. Die landbouskou komitee vra dat die meisies van die gemeenskap sal kom inskyf en deelneem, maar dit word net sterk onder die gemeenskap se aandag gebring dat dit nie ‘n MODEL kompetisie is nie, dus hoef jy nie ‘n model te wees om deel te neem nie.
Die kleredrag is aandrokke. Die kategorieë is as volg 6-9; 10-13; en 14-19. Kom meisies neem deel.
Daar word nou al hard gewerk om die saal reg te maak vir die skou. Die landbouskou komitee vra Thabazimbi, moenie die geleenthede misloop nie, want dit beloof om deur en deur die moeite werd te wees.
Vir enige verdere navrae kontak Ursula Roux 083 5846061 en hou Kwêvoël dop vir verdere informasie rakende die skou.