Uitslag van hengelkompetisie

Dit was weer tyd vir ons maandelikse kompetisie. Die kompetisie was aangebied by die dam van Willie Roux.
Die hengelklub het reeds om 06:h00 bymekaar gekom waarna hulle penne getrek het en het stiptelik om 07:00 begin gehengel tot om 15:00.
Die wind was bietjie lastig en die water was koud sodoende was die vis ook traag om te byt en het die hengelaars ‘n harde tyd gegee. Van die 30 hengelaars het slegs 10 hengelaars visse vir die dag gevang met ‘n maksimum van 4 vis per hengelaar. Die wenners is bepaal deur die hengelaars met die meeste punte naamlik 10 punte per vis en 10 punte per kilogram.

Die uitslae was as volg:
Die senior wenner was Tommy Swanepoel met Nico Botha in die tweede plek en Piet Bezuidenhout derde.
Die dames wenner was Nicolene Heydenrych en die Junior wenner, Martine Scheepers.  Die Cubs wenner was Ewald Botha met Nico Botha in die tweedeplek. Die Penkopppe is gewen deur Tommy Swanepoel met PJ Bezuidenhout in die tweedeplek.Die Julie kompetisie sal by Northam konsentrator plaasvind. Enige navrae kan gerig word aan thabahengel@gmail.com.

Die wenners van die dag se kompetisie:  Heel agter vlnr: Piet Bezuidenhout, Nico Botha, en Tommy Swanepoel. Middel: PJ Bezuidenhout, Martin Scheepers en Nicolene Heydenrych. Voor: Ewald Botha en Tommy Swanepoel en heel voor Nico Botha.
Die wenners van die dag se kompetisie: Heel agter vlnr: Piet Bezuidenhout, Nico Botha, en Tommy Swanepoel. Middel: PJ Bezuidenhout, Martin Scheepers en Nicolene Heydenrych. Voor: Ewald Botha en Tommy Swanepoel en heel voor Nico Botha.