Thabazimbi Wildveiling – minder klein-wild

Die blouwildebeesbul wat R32,000 met die Thabazimbi Wildlife Services Wildveiling behaal het.
Die blouwildebeesbul wat R32,000 met die Thabazimbi Wildlife Services Wildveiling behaal het.

THABAZIMBI – Klein-wild blyk maar om skaars items te word tydens wildsveilings en die enigste wat aangebied is, was twee klipspringers, een ooitjie en een rammetjie. Beide het die goeie prys van R20 000 elk behaal.
Hierdie veiling is Vrydag 27 Junie by die Thabazimbi veilingskrale deur Thabazimbi Wild Life Services en gasverkopers by die Thabazimbi skouterrein aangebied.
Een lot wat uitgestaan het is die blouwildebeesbul met trofee-standaard horingmates wat verkoop is vir R32 000. Die ander blouwildebeeste het vir baie laer pryse van eienaar verwissel. Die teelgroep van 45 wat aangebied is, is teen ‘n gemiddeld van R5 464 en ‘n beste prys van R7 250 gegaan en die 68 blouwildebeesbulle, teen ‘n gemiddeld van R4 431.
‘n Teelgroep van 36 blesbokke het gemiddeld R4 133 behaal. Die beste prys vir ‘n elandteelgroep was R8 250 en die beste prys vir ‘n elandbul was R16 500.
Volwasse koedoebulle het R26 000 gehaal teenoor njalabulle wat se beste prys R18 500 was.
‘n Swartwitpens bul is teen R61 000 opgeveil terwyl waterbokbulle se beste prys R14 500 was.
Die totale omset was R 2,238,400.