SAVF Mandela dag

Mariaan Jacobs, 'n vrywilliger by SAVF, wat 'n voorbeeld vashou van die sak wat gevul moet word voor 18 Julie. Mariaan Jacobs, kan gekontak word rondom die projek by 071 611 9452.
Mariaan Jacobs, ‘n vrywilliger by SAVF, wat ‘n voorbeeld vashou van die sak wat gevul moet word voor 18 Julie. Mariaan Jacobs, kan gekontak word rondom die projek by 071 611 9452.

THABAZIMBI – SAVF Thabazimbi daag die gemeenskap, privaat persone, kerke en besighede uit om deel te neem aan die Mandela Dag Projek in Julie, om 67 sakke klere bymekaar te maak. Kom deel in die omgee vir jou medemens. ‘n Hele paar besighede en persone het hulle al reeds hiertoe verbind.
Die versoek is om een swart sak met klere te vul en af te gee op die 18de Julie vanaf 09:00 tot 12:00 by SPAR Thabazimbi, andersins kan persone dit voor die 18de afgee te Parklaan 5 by die kantoor.
Kerrie en rys is te koop sowel as handgemaakte produkte en lekkernye voor Spar op 18 Julie. Die kontaknommer vir die SAVF kantoor is 014 777 1093. Linda Grobler, Mariaan en Christelle Barnard is die kontakpersone.
Komaan, neem deel en kom maak ‘n verskil in ander se lewens daardeur! Haal daardie “te-klein-klere” van jou uit en kry weer ruimte in jou kaste.