Nuwe Dr by De Kock en Vennote

Thabazimbi heet dr Janamari, haar man Danie en hulle twee kinders, Jarianca en Gert-Hendrik hartlik welkom en vertrou dat hulle ‘n lang en gelukkige verblyf in Thabazimbi toe.
Thabazimbi heet dr Janamari, haar man Danie en hulle twee kinders, Jarianca en Gert-Hendrik hartlik welkom en vertrou dat hulle ‘n lang en gelukkige verblyf in Thabazimbi toe.

THABAZIMBI – Thabazimbi is in die bevoorregte en gelukkige posisie om ‘n nuwe dokter in sy geledere te verwelkom. Dr Janamarie du Plessis, haar man Danie, ‘n sakeman en hulle twee kinders is vanaf 1 April in Thabazimbi gevestig.
Die ekstra verpligting van die toenemende aantal pasiënte by Dr’s de Kock en Vennote asook die behoefte aan die toedien van narkose by Mediclinic Hospitaal in Thabazimbi na die vertrek van Dr Jaco Blignaut, en die behoefte aan ‘n tweede gereelde dokter om mediese dienste by Setaria Kliniek te verskaf, het die genoop dat daar by Dr de Kock en Vennote ‘n ekstra pos vir ‘n sesde dokter geskep is om in Thabazimbi se diens te voldoen.
Dr Janamari is geen onbekende in die omgewing nie, aangesien sy al 10 jaar op Swartklip asook Swartklip Hospitaal as praktisyn gewerk het.