Ekonomie knou ook die Wildsfees

Ben Hearn, Idols wenner tydens die Wildsfees.
Ben Hearn, Idols wenner tydens die Wildsfees.
Megan Hearn het die derdeprys ontvang in die Idolskompetisie. Die tweedeplek wenner was Lize-Mari.
Megan Hearn het die derdeprys ontvang in die Idolskompetisie. Die tweedeplek wenner was Lize-Mari.

THABAZIMBI – Al het die huidige ekonomie veroorsaak dat die publiek hul beursies stywer vasgehou het, het die afgeskaalde Wildsfees tog vir lekker kuier en goeie musiek gesorg.
Soos te wagte, met die onderhandelaars in die mynstakings wat maar net in die week voor die Wildsfees tot ‘n vergelyk gekom het, was daar minder voete, maar vir die Saterdag op sy eie, meer as verlede jaar.
Dit is teleurstellend dat so min van die stalletjies hulle by die tema van wild en jag bepaal en eintlik was dit goed om te sien dat daar nie soos in die verlede, honderde stalletjies was wat almal dieselfde produkte verkoop nie. Ten minste het daar mense by die stalletjies gestaan en die ware besigtig. (Anders as die ondervinding vroeër vanjaar by die druiwefees in Modimole, waar daar net een druiwestalletjie en een stalletjie was wat droë vrugte verkoop het. Die res was swerwers wat van die een fees na die volgende fees swerf, almal met die selfde ware. Daar was dit opvallend dat mense verby hierdie stalletjies gestap het, reguit na die biertent en kunstenaars).
Gelukkig het baie van hierdie swerwers die Wildsfees gemis aangesien dit net die een dag aangebied is. Mens kan maar net hoop dat toekomstige feeste, al het die essensie van die Wildsfees hoofsaaklik na ‘n kunstefees verander, meer wildsprodukte stalletjies sal bied soos klaar voorbereide wildsvleissnitte en ‘n demonstrasie of wat van die bereiding daarvan gereël word voordat dit ‘n basaar ontwikkel.

Nog 'n bokafslagspan wat hard besig is om die rooibok karkas te slag.
Nog ‘n bokafslagspan wat hard besig is om die rooibok karkas te slag.
Die manne van Dans dans Lisa, Deon (links) en Bouwer (regs), saam met Sonét Bergh, verhoogaanbieder.
Die manne van Dans dans Lisa, Deon (links) en Bouwer (regs), saam met Sonét Bergh, verhoogaanbieder.
Die bokafslagkompetisiewenners Anilia en Nico (middel) saam met Hannes Coetzee van Thaba SuperSpar wat die kompetisie jaarliks borg, links en die aanbieder van die kompetisie (regs). Hulle wentyd was 15.33 sekondes – ‘n byna onoortreflike prestasie. Tweede was Jaco en Charles en derde Nico en Christian. Die bokke is na afloop van die kompetisie opgeveil en Barries alleen, van Ehlers Elektries, het R17 925 bygedra, deur bokke wat hy gekoop het, telkens weer terug te gee om opgeveil te word.