Wildsfees natuur aktiwiteite

SONY DSCEen van die grondbeginsels met die aanbieding van die Wildsfees was om te beskerm ter wille van bewaring. Alhoewel wildboerdery en jag ‘n groot rol speel om steeds aan hierdie beginsel te voldoen, moet mens in gedagte hou dat dit nie net op wildediere van toepassing is nie. Suid-Afrika, en veral die bosveld, is geseënd met ‘n groot verskeidenheid van voëlspesies. Op die foto is die Kuifkopvisvanger (Half-collared Kingfisher) wat redelik algemeen regoor Suid-Afrika voorkom en wat jy maar op jou voëllys kan aftik as jy besoek bring aan Marakele Nasionale Park. Sien meer op bladsy 9 van die ander spesies wat jy ook in Marakele en die bosveld sal aantref. ‘n Jaarlikse voël-sensus in Marakele en omringende plase word deur die Marakele Ere-Veldwagters georganiseer. Soek die “birding link” op Marakele se webtuiste vir waarnemings en hoe jy ook kan deelneem.