Seniors hoor meer van Suid-Afrika se buite-navorsingstasies

‘n Paar van die gaste en organiseerders van die Bosveld Oord inwoners saam met Adriaan Dreyer wat ‘n praatjie oor Antartika gelewer het. Hulle is op die foto vlnr voor: Trieks Dreyer (Adriaan se ma) en haar suster Marie du Plessis. Agter: Hannetjie du Plessis, Adriaan Dreyer en Dieta Bronkhorst.
‘n Paar van die gaste en organiseerders van die Bosveld Oord inwoners saam met Adriaan Dreyer wat ‘n praatjie oor Antartika gelewer het. Hulle is op die foto vlnr voor: Trieks Dreyer (Adriaan se ma) en haar suster Marie du Plessis. Agter: Hannetjie du Plessis, Adriaan Dreyer en Dieta Bronkhorst.

THABAZIMBI – Die seniors van Bosveld Oord is onlangs getrakteer met ‘n praatjie oor wat Suid-Afrikaanse wetenskaplikes nou eintlik op Antartika en Marioneiland aanvang.
Die spreker was Adriaan Dreyer, seun van dr Louw Dreyer, ‘n voormalige hoof van Bosveld Akademie.
Adriaan het met die mense gesels oor SANAP (Suid-Afrikaanse Nasionale Antarktiese Program), en hul betrokkenheid in Antarktika, Marioneiland en Gougheiland, asook sy persoonlike betrokkenheid by die program die afgelope 30 jaar.
Meeste van die Universiteite in RSA het navorsingsprojekte by bogenoemde plekke. DOW (Departement van Openbare Werke) is verantwoordelik vir die strukture en geboue.
Adriaan is Assistent-Direkteur: Logistiek en Operasionele Bestuur. Dit beteken dat hy verantwoordelik is vir al die logistieke ondersteuning (die skip, helikopters, geboue, voertuie, kos, beskermde klerasie, kos, kommunikasie ens.) Daarby is hy ook projekbestuur (konstruksie van nuwe basisse, afbreek van oues). Adriaan doen ook al die ekspedisies se beplanning, en gaan saam as Ekspedisie leier.
SA het ‘n navorisingsbasis op Antartika sedert vroeë 60’s. Die huidige basis is op vaste rots, teenoor die vorige een wat gereeld toe gesneeu is, ongeveer 200km die binneland in gebou. Die basis is nou 15 jaar oud en word eersdaags opgegradeer met nuwe stelsels, kragopwekkers, netwerke ens. Antartika is “niemands land” en slegs navorsing van wetenskaplike aard mag daar gedoen word. RSA is een van die oorspronklike “Antartiese Verdrag” ondertekenaars in die vroeë 60’s. Tans is daar meer as 40 lande betrokke. Suid-Afrika se basis SANAE is so 4160 km suid van Kaapstad, en dit neem met die skip tussen 15 tot 25 dae om by die yswal, waar die vrag aflaai moet word, uit te kom.
Marioneiland is ongeveer 2160km suidoos van Kaapstad (ongeveer 5 dae met die skip) reg in die berugte “roaring fourties”. Die eiland is einde 1940’s deur RSA geannekseer. Dus ‘n Suid-Afrikaanse eiland en grondgebied, en val onder die Wes-Kaapse jurisdiksie. Die nuwe basis daar is in 2010 in gebruik geneem en is een van mees modernste sub-Antartiese navorsingsbasisse tans in gebruik in die Suidelike Oseaan. Navorsing wat daar gedoen word is Weerdata (Marion is een van die belangrikste weerstasies in die wêreld, en sy data word veral gebruik vir voorspellings vir landbou in Suidelike Afrika en vir skeepvaart in die suidelike oseaan, soogdier navorsing, insekte, plante (botanie) geologie voëls/pikkewyne ens.
Gougheiland (ongeveer 2610km suidwes van Kaapstad en 6 dae met die skip) is ‘n Britse eiland en Suid-Afrika huur die eiland by hulle vir ons weerstasie. Daarby vervoer Suid-Afrika sowat 40 passasiers vir die Britse regering na die Tristan da Cunha eiland jaarliks as vergoeding vir die huur van Gough.
Adriaan self was al 13 keep op Antartika, 26 op Marioneiland en drie keer op Gougheiland.
Ander plekke in die suidelike-oseaan wat ek al besoek het is: Duitse Antartiese basis “Neumayer”, Noorweegse Antartiese basis “Troll”, Sweedese Antartiese basisse “Wasa” en Svea”, Finse Antartiese basis “Aboa” en die Noorweegse “Bouveteiland” wat ook die mees afgesonderste eiland in die wêreld is, asook die South Sandwicheilande “Southern Thule” en “Zavadovski” en die Britse eilande “Tristan da Cunha”, “Nightingale” en “Inaccessable”.
Die seniors was baie beïndruk met die praatjie en verstaan beslis nou meer oor die plekke wat hulle nog nie hier en daar van op TV gesien en van gehoor het.