Onbekende Sementtrok

26-sementtrok VB‘n Onbekende Sementtrok het vroeg dié week op die Rustenburg pad gerol en in die bosse langs die pad te lande gekom. Die ongeluk het waarskynlik tussen Maandag laatmiddag en Dinsdagoggend op die reguit stuk pad tussen die Setaria afrit en Rhino Andalusite Myn gebeur. Dit word aanvaar dat die vragmotor aan een van die plaaslike myne of aan ‘n privaatkontrakteur behoort aangesien dit heeltemal wit en nie in maatskappy kleure geverf was nie. Volgens die plaaslike Verkeersafdeling, is die ongeluk nie by hulle aangemeld nie. Dit is ook nie bekend hoe die ongeluk gebeur het nie en of daar enige besering was nie.