Jagkompetisie lewer puik inkomste vir Laerskool

Mnr Jan Davel het die verseëlde doos met kaartjies oopgemaak en die trekking gedoen terwyl mnr Ockie verseker het dat die antwoord reg was.
Mnr Jan Davel het die verseëlde doos met kaartjies oopgemaak en die trekking gedoen terwyl mnr Ockie verseker het dat die antwoord reg was.

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het elke jaar ‘n paar fondsinsamelingsprojekte om so die skoolfonds te verstewig. Die fondse wat so ingesamel word, word weer teruggeploeg in die skool om te verseker dat die standaard van onderrig nie net volhou word nie, maar puik is. Een van hierdie projekte is die Jagkompetisie. Hierdie kompetisie het alreeds 23 April vanjaar afgeskop toe leerders elkeen ‘n boekie met kaartjies ontvang het om teen R20 per kaartjie te verkoop. Die persone wat die kaartjies koop moes ‘n vraag antwoord en al die kaartjies met die korrekte antwoorde is in ‘n houer gegooi.
Hierdie kompetisie het Vrydag 20 Junie om 12:00 gesluit en die trekking om die wenners te bepaal is Maandag 23 Junie om 12:00 voor die hele skool deur mnr Jan Davel, ouditeur van die skool gedoen.
Die leerders is ook beloon vir hulle harde werk en die top drie verkopers het elkeen ‘n kontantprys ontvang.

Op die foto is die leerders wat op die meeste kaartjies verkoop het en deur die skool beloon word met ‘n uitstappie na Valley of the Waves by Sun City. Hulle is vlnr agter: Jurgie Bornman, Diaan Coetzee en Daniël van Zyl. Middel: Elize-Marie Coetzee, Carlé le Roux, Jadon Janse van Rensburg, JD Jordaan en Wian Lategan. Voor: Sheldon Senekal, Mariska Coetzee, Karla Coetzee, Denize Robbertse, (Angelique Cloete: verkoper van een van die wenkaartjies. Ongelukkig het sy te min verkoop om saam Sun City toe te gaan) en Reané Coetzee.

Die leerder wat die meeste boekies verkoop het was JD Jordaan en ontvang R750. Die leerder wat die tweede meeste boekies verkoop het was Sheldon Senekal en hy ontvang R500 en die leerder wat die derde meeste boekies verkoop het was Elize-Marie Coetzee wat R250 ontvang het vir haar moeite. Vir Sheldon het die geluk nie hier opgehou nie. Hy het boonop ook nog die derde kaartjie wat getrek is verkoop en nogal aan sy ma.
Die 13 leerders wat die meeste boekies verkoop het gaan in die derde kwartaal na Sun City se Valley of the Waves op die skool se onkoste om die dag daar te spandeer.
Die wenners van die kompetisie is: Eerste: Me Shané Buitendag van Brits. Tweede: Me Anna Cloete van Setaria en Derde: H. Senekal van Klipgat Thabazimbi.

Die drie leerders wat kontantpryse vir hul kaartjieverkope ontvang het was vlnr: Sheldon Senekal, Elize Mari Coetzee en JD Jordaan, saam met die skoolhoof, mnr Koos Venter.
Die drie leerders wat kontantpryse vir hul kaartjieverkope ontvang het was vlnr: Sheldon Senekal, Elize Mari Coetzee en JD Jordaan, saam met die skoolhoof, mnr Koos Venter.

Die pryse wat gewen kon word was: Vakansie vir 6 persone 7 nagte in Hentiesbaai, ‘n jagpakket bestaande uit twee blouwildebeeste en drie rooibokke of twee bewerkte blouwildebeeste. Die persoon wie se kaartjie eerste getrek is het dan die eerste keuse van ‘n prys die tweede een het dan die tweede keuse en die derde persoon neem dan die oorblywende prys.
Laerskool Thabazimbi wil net weereens baie dankie sê aan al die leerders wat so hard gewerk het en van hierdie fondsinsamelingsprojek so ‘n reuse sukses gemaak het. Die totale bedrag wat ingesamel is, was R158 560.