Gesellige damestee op Swartklip

Lekker saamkuier by die damestee wat deur die AGS kerk op Swartklip aangebied is. Op die foto is vlnr: Rita, Sonja, Bessie, Lilla en Elize.
Lekker saamkuier by die damestee wat deur die AGS kerk op Swartklip aangebied is. Op die foto is vlnr: Rita, Sonja, Bessie, Lilla en Elize.
Al die vrolike dames en jongmense wat die geselligheid bygewoon het.
Al die vrolike dames en jongmense wat die geselligheid bygewoon het.

SWARTKLIP – Die AGS Kerk op Swartklip het op 21 Junie ‘n heerlike damestee vir die dames gehou. ‘n Baie inspirerende woord is ook deur Ansunette, die gasspreker, gebring oor die vrouens van die Bybel. Video clips oor hoe om as waardige vrou in die samelewing te wees, en om vol selfvertroue jou plek vol te staan, is ook vertoon.
Daarna het die dames gesellig saam verkeer met heerlike sop en broodjies. Die gemeente se dramagroep het ook vir ‘n pragtige optrede gesorg. Die AGS Swartklip hou hulle Bazaar op 26 Julie. Mammas kan hulle babas en kleuters tot op 2 jaar in skryf vir die babakompetisie! Lekker pryse is ook te wen.
Verskeie verkopings en speletjies word ook aangebied. Vir verdere inligting, skakel Erika Swanepoel by sel: 082 777 4069.