Frikkies troef groot skole in Limpopo kompetisie

Die streeptruie van Thabazimbi wat begeesterd gespeel het, maar het die stryd teen Vossies met 14-13, in Vossies se guns, verloor.
Die streeptruie van Thabazimbi wat begeesterd gespeel het, maar het die stryd teen Vossies met 14-13, in Vossies se guns, verloor.

POLOKWANE – Hoërskool Frikkie Meyer het op Saterdag 21 Junie die uittog aangepak na Polokwane, waar die provinsie se finale en semifinale te Tom Naudé plaasvind het.
Vir die B-liga spanne was dit die finaal en het Frikkie Meyer teen Ben Vorster en Pietersburg Hoërskool te staan gekom. Weens die groot getal beserings in die Eerste span moes hulle met ‘n verswakte tweede en derdespan speel en het hul ongelukkig die wedstryde verloor. Beide spanne het egter besonder goeie seisoene gehad en die tweedes sal verseker die wen teen Nylstroom se Eerstes as die hoogtepunt van hul jaar beskou. Die B-spanne in die ouderdomsgroepe kon eenvoudig nie kompeteer met die diepte en fisiese grootte van hulle opponente nie en moes ook onsuksesvol die aftog blaas.
Die A-spanne het egter vir heelwat vreugde gesorg deur die bordjies behoorlik te verhang. Die 0/15 A-span het die dag op ’n hoë noot laat begin deur PHS oortuigend met 24-12 te klop. Die 0/16A – span het tot in die tweede helfte nog ‘n goeie kans gehad, maar Ben Vorster het te veel skietgoed gehad en HFM moes bes gee. Die 0/14 A – span het daarna teen PHS vasgebyt en ‘n oorwinning van 25-17 behaal. Die Eerstes het beslis nie as die gunstelinge teen Ben Vorster uitgedraf nie. Die Streeptruie (Frikkies) het egter met begeesterde durf en volgehoue goeie verdediging die Vossies se punte beperk, enkele minute voor die eindfluitjie was die telling 14-13 in die Vossies se guns en kon hul nie deurbreek om die finale uitklophou te plant nie. Op die pawiljoen het die leerders en ondersteuners spontaan met die kreet “Frikkie Meyer!” hul span aangemoedig. Goeie kompetering by die afbreekpunt sorg dat Frikkie Meyer in die Vossies se kwartgebied na aan die kantlyn ‘n strafskop kry. Benhard van Rensburg, wat met sy skopskoen die Frikkies heeltyd binne trefafstand van ‘n oorwinning gehou het, lê aan. Toe die bal tussen die pale inkrul was daar pandemonium op die pawiljoene en het trane en vreugdeskrete saam gevloei. Frikkie Meyer wen die wedstryd met 16-14.

‘n Streeptruie styg hoog in die lynstaan uit in die eerstespan wedstryd tussen HFM en Ben Vorster.
‘n Streeptruie styg hoog in die lynstaan uit in die eerstespan wedstryd tussen HFM en Ben Vorster.

Na die vakansie speel die drie wenspanne in die provinsie se finaal op 26 Julie te Polokwane om te bepaal wie die provinsiale wenner is. Die Eerstes kom teen PHS te staan (wat Potties met 34-17 in die ander semifinaal gewen het); die 0/15 – en 0/14 A- spanne teen Ben Vorster. Die drie spanne dring dan ook deur na die Beeld trofee uitspele. Wenners van die provinsie het ‘n loslootjie in die kwalifiserende rondte en speel eers weer in die kwarteindrondte. Naas wenners van die provinsie speel in die kwalifiserende rondte teen die wenner van die Vlake. Aangesien Limpopo heel bo aan die prioriteitslys lê, beteken dit dat alle wedstryde waarin Frikkie Meyer se spanne betrokke is, tuiswedstryde is. Ons gaan dus vanjaar hopelik nog heelwat rugby op eie bodem sien.