Bekende Thabazimbiër oorlede

26-Manie H1Manie Hefer is skielik oorlede op Vrydag 20 Junie op die ouderdom van 52, by sy werk op Dishaba Myn te Amandelbult. Hy is gebore in Thabazimbi op 13 April 1962, het hier skool gegaan en hier by Amandelbult gewerk vir 28 jaar.
Sy begrafnis vind plaas môre (Saterdag, 28 Junie) om 11:00 by die NG Kerk Thabazimbi. Hy laat sy vrou Leonie, sy pa Alwyn, twee seuns, Manie en Werner, broer Willie, suster Alba en kleinseun Damian agter.