U-draai word onderskat

25-Trok van pad 3Die bestuurder van hierdie vragmotor wou Donderdagoggend blykbaar ‘n U-draai maak, in die nou gedeelte van die pad net voor die brug oor die Krokodilrivier. Met die aankomende verkeer het hy besluit om die voertuig net ’n bietjie verder uit die pad te kry, maar het hom misgis met die die wal aan die kant van die pad en het die voertuig daarteen afgegly, in so ‘n mate dat die voorwiele in die lug was. ‘n Hyskraan van die myn is toe ingespan om die agterkant van die vragmotor te lig en dit sodoende weer op die pad te kry.