Runaways drop voorlopers

Moks laat dit sommer maklik lyk.
Moks laat dit sommer maklik lyk.
Moks Pelser en Anema Denton ons wenners
Moks Pelser en Anema Denton ons wenners
Ju-Mari en Shelly 3de plek wenners.
Ju-Mari en Shelly 3de plek wenners.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

THABAZIMBI – Thabazimbi se tweede Urban Challenge het Saterdag 14 Junie 2014 by Wimpy afgeskop. Dit was ysig koud, maar daar is niks so lekker as om jou Saterdag oggend met ‘n vinnige 5km stap of draf te begin nie. Na ‘n rukkie is die koue vergete, adrenalien skop in en die enigste doelwit is om te wen.
Elke span het ‘n kaart ontvang en beplan sy eie roete, party het deur die veld gedraf ander het pad langs gegaan. Die een bepaling was dat daar 5 kontrole punte was waar almal ‘n aktiwiteit moes doen, daar ontvang elkeen ‘n nommer en merk dit af op hulle kaart voordat hulle na die volgende punt kan beweeg.
Ju-Mari en Shelly het heel pad voor geloop tot by die laaste punt, hier moes hulle gekookte hoenderpote eet…., dit het egter die tol geëis en hulle het in 3de plek geëindig. Nelie en Nathan in 2de plek en Moks en Anema in 1ste plek. Baie geluk aan almal wat deelgeneem het.