Robbie Wessels by 2014 Wildsfees

25-Robbie WesselsRobbie Wessels is een van die groot geeste by vanjaar se Thabazimbi Wildsfees. Almal in Suid-Afrika het skielik geweet wie Robbie Wessels is, met die reuse trefferliedjie, Leeuloop, wat deur Vodacom gebruik is in hul advertensieveldtog. Robbie is `n kunstenaar eie in sy soort. Hy kan jou laat lê van die lag, maar hy kan jou ook diep laat dink. `n Grapjas is hy beslis, maar dis ook daardie ander sielvolle kant wat hom oor die jare `n groot gunsteling onder Afrikaanse musiekaanhangers gemaak het. Robbie Wessels is ‘n akteur en sanger, ‘n liedjieskrywer en storieverteller. Wanneer dit by kreatiewe talent kom, is hy een wat voor in die ry kan staan.
Maak seker jy is Saterdag 28 Junie by die Thabazimbi Wildsfees. Dit is beslis die een vertoning wat jy nie wil mis nie.