Bosveld akademie presteer tydens bybelkennisvasvrae

THABAZIMBI – Die Bybelkennisvasvrae van die BCVO (Bosveld Akademie) het gedurende die afgelope jaar oor twee rondtes plaasgevind in Februarie en April.
Bosveld Akademie het drie spanne vir die kompetisie ingeskryf. Twee van die drie spanne het die finale; landwye, rondte gehaal.
Dit vind op 8 Augustus 2014 te Pretoria plaas. Tydens dié geleentheid neem Talita de Swardt, Gr. 4, individueel deel. Sy het ‘n gemiddeld van 84% tydens die tweede rondte behaal.
Die Gr. 6 en 7 span bestaan uit Juandré Barnard, Anica Goosen, Anika Nortjé en Louis Trichardt. Hulle het ‘n gemiddeld van 95% behaal. Die finale rondte vind oor vyf afdelings plaas nl. ‘n skriftelike vraestel, mondelinge rondte, versbou, blokraaisel en ‘n mondelinge snelvuurafdeling. Vir die finale rondte is die leerlinge besig om gedeeltes uit die Ou en Nuwe testament voor te berei.

Juf Marietjie du Plessis (afrigter) en Talita de Swart wat individueel aan die finaal gaan deelneem op 8 Augustus 2014.
Juf Marietjie du Plessis (afrigter) en Talita de Swart wat individueel aan die finaal gaan deelneem op 8 Augustus 2014.
Juf Marietjie du Plessis (afrigter) saam met haar staan Anica Goosen, Juandré Barnard en Louis Trichardt. Afwesig, Anika Norjé.
Juf Marietjie du Plessis (afrigter) saam met haar staan Anica Goosen, Juandré Barnard en Louis Trichardt. Afwesig, Anika Norjé.