Aliza-Aviela nagmaal

THABAZIMBI – Die jaarlikse senior nagmaal het plaasgevind op 21 April by die NG Kerk Thabazimbi se saal asook by Tambotie Versorgingsoord en ds Johan Marais het albei geleenthede behartig.
Hy is gehelp deur die ouderlinge Charles Vorster en Tertius Viljoen, met diaken Kobie Coetzee by Tambotie Versorgingsoord en in die kerk het Martie Smith as tweede diaken gehelp.
Die seniors het ‘n heerlike maaltyd agterna geniet met ‘n ete wat bestaan het uit Wildspastei, “Beefroast”, Boontjiebondels gerol in spekrepe, Pampoen “muffins” en gebakte Aartappels. Die nagereg was gebakte Karamelkluitjies en room.
Die ete is voorberei deur die dames van Aliza-Aviela Bediening.  Die foto’s is geneem deur Karin Nel en Biebies Oelofse.

Winnie Fourie
Winnie Fourie
Yvonne en Boet van Niekerk
Yvonne en Boet van Niekerk
Jan en Bettie vd Berg
Jan en Bettie vd Berg
Bellie en Dries Welgemoed
Bellie en Dries Welgemoed
Aggie Vos
Aggie Vos
Soon de Clerqc
Soon de Clerqc
Néll Botha een van die oudste seniors in Thabazimbi.
Néll Botha een van die oudste seniors in Thabazimbi.