Ysige Winterweer

24-Ys 2 VB 2Die koue het verlede Vrydag in al sy mag toegeslaan en Saterdagoggend het Thabazimbi sy eerste gewaarwording van die ysige weer gevoel toe mense hul neuse by die deur uitgesteek het. By die vliegveld het ‘n sproeier oorgestaan en ‘n wonderwêreld van yskristalle geskep. Op die foto is Ruben Vorster by die ysprentjie wat deur die sproeier geskep is. In die omgewing het die temperatuur tot -7C gedaal. Die week was ook maar ysig. Vir Thabazimbi en omgewing word minimumtemprature van sowat 4C en maksimum temperature in die lae twintigs vir die hele naweek voorspel.