VLU Northam- en Strewe-takke kuier saam

THABAZIMBI – Northam en Strewe VLU-takke het heerlik op 5 Junie by Pandok op Thabazimbi saamgekuier. Ongeag die geniepsigheid van die wintersoggendbriesie was dit ‘n lekker en gesellige ken-mekaarbyeenkoms.
Adelle Langley het haar verjaarsdag ook sommer saam gevier en Jenny Streak het vir die eerste keer ouma geword.
Die gasspreker vir die dag was Rykie May van Helpende Hande Thabazimbi. Rykie het almal meer ingelig waaroor hulle werk gaan. Hulle is besig om ‘n Hospice te bou wat volgens beplanning teen die einde van die jaar voltooi sal wees. Rykie het meer insig gegee oor die kankerpasiënte wat gehelp word en hulle is dringend op soek na vrywilligers om te help na die omsien van hierdie pasiënte.
Daar bestaan ‘n groot nood vir hospitaalbeddens sowel as linne. Tans is daar 69 pasiënte in die streek wat versorging deur Helpende Hande ontvang.
Indien jy kan help as vrywilliger of finansiële bystand kan lewer, kontak haar by 082 602 4379. Die dames het daarna geskenke uitgeruil en so saam met die kuier heerlik gesmul aan sop en broodjies.
Vir verdere inligting skakel Northamtak skakelbeampte, Rene Laas, by 073 4299 411 of Strewe tak skakelbeampte, Gene Pretorius, by 083 644 9978.

Die dames van Northam en Strewe VLU-Takke wat die ken-mekaarbyeenkoms bygewoon het, saam met Rykie May (middelste ry, middel)
Die dames van Northam en Strewe VLU-Takke wat die ken-mekaarbyeenkoms bygewoon het, saam met Rykie May (middelste ry, middel)