Rugbyraai vir hokkiefonds

Me Wilma Prinsloo, die Hokkie-organiseerder saam met Kruger van Zyl, die wenner van die Rugbyraai.
Me Wilma Prinsloo, die Hokkie-organiseerder saam met Kruger van Zyl, die wenner van die Rugbyraai.

THABAZIMBI – Die Hokkie afrigters van Laerskool Thabazimbi het ‘n Rugbyraai geloods om fondse in te samel vir die Hokkie.
Die leerders moes die telling raai tussen die Springbokke en die Wêreld Vyftiental wat die afgelope Saterdag gespeel het. Die wenprys was R1000.
‘n Hokkie mamma Me Aurelia van Zyl van Laerskool Thabazimbi het die wenprys geborg. My ma het ‘n gesegde wat lui “gee met ‘n oop hart en jy ontvang driedubbel terug” Dis presies wat gebeur het met dié Rugbyraai. Kruger van Zyl die seun van me Aurelia van Zyl se raaiskoot was die naaste en daarmee wen hy toe die R1000.
Die gesin HET die prysgeld goedgunstiglik weer terug aan die skool geskenk om die hokkiefonds te verstewig.
Laerskool Thabazimbi wil net baie dankie sê aan hierdie ouers. Dit word opreg waardeer.