Nuwe Bestuurder by WESagri

Johan Muller is Wes Agri se nuwe bestuurder en julle kan gerus vir Johan kontak op die volgende nommers 083 570 1966 of e-pos by johan@wesenterprises.co.za.
Johan Muller is Wes Agri se nuwe bestuurder en julle kan gerus vir Johan kontak op die volgende nommers 083 570 1966 of e-pos by johan@wesenterprises.co.za.

THABAZIMBI – WESagri, ‘n leier in ontbossing en verskaffing van ontbossingstoerusting en landbou implemente, het al diep spore getrap in die Bosveld. In hul strewe na kwaliteit diens en kliënte tevredenheid het WESagri Johan Muller aangestel as bestuurder. Johan se aanstelling gee hulle die geleentheid om hul bestaande kliënte basis te dien en ook uit te brei. Johan se fokus is nie om ‘n kliënt te kry vir hul produkte nie, maar ‘n produk te kry vir hul kliënte.
Kom ontmoet Johan. Drink ‘n koppie koffie en sien hoe hulle tot jou diens kan wees.
WESagri, sien daarna uit om hierdie nuwe fase in ons bestaan met die gemeenskap te deel.