Laerskool Thabazimbi presteer by Netbalkampioenskappe in Tzaneen

Op die foto wat na afloop van die Limpopo finaal geneem is, is Laerskool Thabazimbi se o/11 B-span, die Limpopo wenners: Hulle is vlnr agter:  Me Herma du Plessis (afrigter), Elzaan Smit, Emma Stow, Megan Myburgh, Michayla Tullues en Me Wilma Prinsloo (afrigter) Voor:  Chanté Engelbrecht, Inneke Mulder, Leandri van der Merwe en Juanesca Joubert.

THABAZIMBI – Ses van Laerskool Thabazimbi se Netbalspanne het Saterdag 7 Junie aan die Limpopo Finale te Laerskool Tzaneen deelgeneem. Die dogters het hulle self goed van hulle taak gekwyt. Al ses die spanne dring deur na die Semi finale.
Die skole wat deelgeneem het aan die Provinsiale Kampioenskappe was: Pietersburg-Suid, Pietersburg-Oos, Phalaborwa, Louis Trichardt, Tzaneen, Messina en Julian Muller om maar ‘n paar te noem. Drie van Laerskool Thabazimbi se spanne speel vir ‘n derde plek en drie spanne speel in die finaal. Die uitslae is as volg:
0/11 B LIMPOPO WENNERS
0/12 A NAASWENNERS
0/13 B NAASWENNERS
0/12 B EINDIG DERDE IN DIE PROVINSIE
0/13 A EINDIG VIERDE IN DIE PROVINSIE
0/11 A EINDIG VIERDE IN DIE PROVINSIE