Laataand-lewe met DJ Ossewa by die Wildsfees

DJ Ossewa kom 28 Junie na ons Thabazimbi Wildsfees. Kom geniet hulle van 21:00 op die hoofverhoog.
DJ Ossewa kom 28 Junie na ons Thabazimbi Wildsfees. Kom geniet hulle van 21:00 op die hoofverhoog.

THABAZIMBI – DJ Ossewa is bekend daarvoor om ongewoon te wees en doen dinge heelwat anders as ander groepe. Die groep lede meng graag na die vertoning met almal en kuier ook graag informeel saam almal.
Die vertoning self is baie interaktief en hulle kry die mense om deel te neem. Dit is sekerlik die grootste rede dat hulle die laaste groep is wat vanaf 21:00 Saterdagaand 28 Junie die hoofverhoog by die Wildsfees gaan oorneem.
Die hele “show” is so saamgestel dat mense nie net passief sal terug sit en net luister na n spul musiek nie. Dis ook baie humoristies en is skoon gesonde humor wat die hele gesin kan geniet, beslis nie noodwendig beperk tot kerkbasaars nie.
Die musiekstyl, soos baie Thabazimbiërs en aanhangers weet, is self is baie aansteeklik asook hulle vlymskerp humor maak dit die beste vermaak wat enige persoon voor kan vra. DJ Ossewa is beslis geen onbekende op Thabazimbi nie en sal weereens baie gemaklik by die gesellige en egte boere verwelkom by die Wildsfees inval, dieselfde gasvryheid wat besoekers van dwarsoor die land, veral ons bure in Noordwes en Gauteng vir die afgelope 31 jaar na die Wildsfees op Thabazimbi lok.
DJ Ossewa het meer as sewe jaar gelede ontstaan op die plaas Ossewasrus gehad. DJ staan vir Daniel Jakobus, die musikale een en die brein agter dié klompie Afrikaners. Die Ossewa spreek vanself, aangesien die groepie manne almal baie kultuurvas is en dan nog op die plaas ook grootgeword het.
Die groep het oorspronklik uit vier lede bestaan. Daniel Jakobus, Jerbes die Leeuboer, Piet Pompies en Raapie Knaapie. Gedurende 2010 is hulle geliefde broer en lid, Raapie Knaapie in ‘n noodlottige motorongeluk oorlede. Hy sal altyd onthou word as deel van die groep en ‘n legende in die Afrikaanse musiekbedryf. Stelselmatig het dinge ook op die plaas verander en soos reg-oor die wêreld het die manne gevoel dit is tyd om so bietjie te “re-invent”. Hulle het vir Vet Frik verwelkom. Daniel, Vet Frik en Jerbes die Leeuboer toer steeds die land vol, maar keer na elke vertoning terug na hulle geliefde plaaslewe en kuier gereeld saam op Ouma Sanna Beskuit se plaas waar almal steeds familie is.
DJ Ossewa het steeds ‘n wenresep beet! Lekker Afrikaanse dans musiek met ‘n komiese lewendige vertoning. Met hulle polsende ritmes en moderne Afrikaanse musiek sorg hulle met hul nuutste album BRILJANTIE al weer dat almal wat wil partytjie hou, bymekaarkom, en saam op die wa spring!
Met hulle skerpsinnigheid, gekombineer met lekker ritmiese Afrikaanse musiek, kry DJ Ossewa dit reg om jou vir ‘n wyle van swaarkry, misdaad en bekommernisse te laat vergeet.
Ironies genoeg het die Boereorkes van Laerskool Thabazimbi gedurende die vroeë negentigs die Wildsfees gered waar hulle musiek agterop ‘n ossewa gemaak het toe die Thabazimbi Skou die Wildsfees wou insluk. Bale is uitgerol en die mense het gedans! . . . . Dalk is daar so ietsie van musiek hieraan verbonde – wonder maar net.