HFM Netbal, Rugby en Hokkie uitslae

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer was weer besig met wintersport op hul tuisvelde op Vrydag 6 Junie vir die B-spanne en Saterdag 7 Junie vir die A-spanne.
Die Netbalspeelsters het hul harte uitgespeel en dit het baie goed gegaan met die o/15 A-span wat as naaswenners uitgetree het in Limpopo by die provinsiale ligawedstryde. Hulle het geveg vir elke punt, maar het goed gespeel. Hulle gaan deelneem aan die Noord-Vaal Netbalkampioenskappe te Boksburg op 2 Augustus. Die span is as volg:
Elrie Human – D, Nadie van der Linde – HD , Olerato Marumolwe – AV, Jadene Roods – S, Bernice Vermaak – VV, Madlynn Paulsen – VV, Ananda Lategan – HV en Richka Serfontein – V.
Die twee B-spanne het nie so goed gevaar nie, albei spanne het as gevolg van siektes en beserings kinders “geleen” by jonger ouderdomme. ‘n Woord van dank word vir besonder aan Me Elmien van der Merwe en Adeleen Buys gegee vir die moeite wat hulle met dié twee spanne gedoen het.
Die A-spanne het baie goeie werk gedoen, met al die spanne wat puik netbal gespeel het en goeie tellings gehad het. Die eerste netbal-span het regtig pragtige netbal gespeel. Die o/16A’s het tydens die semifinaal ekstra tyd gespeel en toe met net ‘n punt verloor.
HFM Rugby het Saterdag 7 Junie teen Affies en Nylstroom gespeel en die uitslae is soos volg:
14 B verloor teen Nylstroom se 14 A 0-56, 14A wen Affies 14B 22-0, 15B wen Nylstroom 15A 24-21, 15A wen Affies 15 D 21-0, 16A wen Affies 16C 22-15. Die derdes verloor teen Affies 7-24, tweede-span wen teen Nylstroom se eerste-span 18-17 en die eerste span wen teen Affies se derde span 40-7.
Die hokkie het ook goed gespeel teen Nylstroom. Uitslae volg:
14A wen 3-0, 15A wen 2-1, 16A verloor 0-1, Tweedes wen 1-0 en die eerste span verloor 0-3.