HFM Gholf

PIETERSBURG – Hoërskool Frikkie Meyer het die liga finaal op 6 Mei te Pietersburg gespeel, en die uitslae lyk soos volg te midde van baie koue weerstoestande:
In die A-liga is Pietersburg Hoërskool eerste, Ben Viljoen tweede en HFM, derde.
In die B-liga is PHS eerste, Frans du Toit tweede en HFM derde. C-liga is PHS eerste, Merensky tweede en HFM derde en in die D-liga is Merensky eerste en HFM tweede.