Frikkie Booysen is oorlede

Frikkie Booysen, ‘n oud inwoner van Dwaalboom is oorlede op 1 Junie 2014. Hy laat sy vrou, vier kinders, agt kleinkinders en twee agterkleinkinders agter.
Frikkie Booysen, ‘n oud inwoner van Dwaalboom is oorlede op 1 Junie 2014. Hy laat sy vrou, vier kinders, agt kleinkinders en twee agterkleinkinders agter.

Fredrik Cornelis Booysen wat op die plaas, Kromdraai by Dwaalboom gebly het, is op 8 September 1929 gebore en op die ouderdom van 85 oorlede na ‘n lang siekbed op 1 Junie 2014. Hy en sy vrou Gerda, het hulle plaas verkoop en na Centurion toe verhuis.
Sy begrafnis was op 6 Junie 2014 deur ds Jannie du Plessis behartig by Sorex Landgoed in Pretoria.
Frik Booysen was ‘n mens met baie fasette en dit het sommer vroeg al te voorskyn gekom in sy noemname van Frikman, Boet Frik en Frikkie.
Hy was ‘n besondere familieman wat sy beskermende hand sag oor sy gesin gehou het. Hy was ‘n fyn heer en ‘n uitnemende vriend wat altyd respekvol teenoor ander was, lojaal, gasvry en vrygewig. Hy was ondeund en ook in meer as een kaskenade betrokke.
In sy vroeë jare was hy ‘n geliefde onderwyser en sportafrigter en later ‘n wel belese onderwys-inspekteur. Sy nagraadse studies in Sielkundige Pedagogiek het aanleiding as ‘n direkteur by die Raad vir Geestes wetenskaplike Navorsing gegee.
Later as bosvelderboer het sy handvaardigheid goed te pas gekom. Die natuur en die grond het ‘n baie belangrike rol in sy lewe gespeel. Hy was baie lief vir jag en was ‘n bo-baas skut.
In sy laaste jare in Pretoria het hy hom besig gehou met hout-en sweiswerk vir sy gesin as hy nie rustig saam met sy vrou Gerda tuingemaak het nie.
Vir Frik was die hele lewe ‘n avontuur. Sy positiewe lewenswandel het uit hom gestraal. Hy kon ernstig wees, maar altyd lewensbly. Hy was ‘n ewige jeugdige wat sy vertroue in God gestel het.
Frikkie Booysen laat vrou, Gerda, sy vier kinders, 8 kleinkinders en twee agterkleinkinders agter.