Worsbroodjie dag groot sukses

Eugene, een van die haarkappers by Salon Le Chic, het sy hare afgeskeer en sy haarkapperstoel in die sonlig geplaas en die kliënte se hare daar gesny.
Eugene, een van die haarkappers by Salon Le Chic, het sy hare afgeskeer en sy haarkapperstoel in die sonlig geplaas en die kliënte se hare daar gesny.

THABAZIMBI – Groot ondersteuning is ontvang vanaf die publiek op Saterdag 31 Mei tydens die worsbroodjie dag wat by Le Chic haarsalon plaasgevind het, ten bate van Heleen Brits.
Heleen was voorheen werksaam by Salon Le Chic as haarkapper en baie geliefd deur haar mede haarkappers en kliënte. Sy is vroeër hierdie jaar met kolon kanker gediagnoseer en het ‘n operasie ondergaan om dit te verwyder. Die kanker het egter versprei en weens die feit dat Heleen nie ‘n mediese fonds het nie, het haar vriende in samewerking met Helpende Hande besluit om die geldinsamelingsprojek te loods om haar te help. Lede van die gemeenskap het hul harte en hande oopgemaak en mildelik bygedra. Nog voordat daar met die worsbroodjie verkope begin is, het hulle reeds in totaal ongeveer 80 bestellings vir worsbroodjies ontvang.
Groot skenkings van wors en kontant is ook van besighede in Thabazimbi ontvang. Mede haarkappers het vrywilliglik hul hare afgeskeer en hul haarkapperstoele buite gesit om in die sonlig hare te sny. Die vier spaarvarkies wat uitgesit is vir enigeen om ‘n bydrae te maak het vinnig vol geword. Tersia en die personeel van Salon Le Chic wil graag almal wat op enige manier betrokke was of ‘n bydrae gelewer het, hartlik bedank en wil vra dat indien enigeen ‘n verdere bydra wil maak, kan hulle gerus vir Tersia kontak by 0721281327