Tjokker gholfdag ‘n wonderlike sukses

Die Tjokkerskool van Laerskool Thabazimbi het op Saterdag, 31 Mei 2014, ‘n baie suksesvolle gholfdag aangebied. Dit was ‘n heerlike kuierdag met 80 spelers in die veld en met baie pryse, ‘n heerlike Wimpy burger vir halfwegete en bees- en skaappotjie vir aandete.
Die wenners van die dag was Luke Vermeulen en Rossouw Jooste met 54 punte.
Tjokkerskool bedank al die borge en donateurs asook personeel en ouers wat hard gewerk het om ‘n groot sukses van hierdie dag te maak. ‘n Spesiale dank aan Anema Denton vir ‘n groot deel van die organisasie vir borge, pryse en etes.