Rekordprys vir volstruis

Volstruise wat verkoop was vir R 13 000 teenoor die vorige rekord van R 5 000, was van die hoogtepunte tydens die 40ste Jaarlikse veiling wat deur mnre. Peter & Howard Knott van Greater Kuduland Safari’s naby Tsipise aangebied is.
2 Nuwe SA rekords is op hierdie veiling behaal naamlik:
Die koper van die Volstruise was mnr. Hanno van Rensburg van Baltimore.
Eland teelgroep verkoop vir R 16 000.00. Die vorige rekord was R 13 000.00. Koper van hierdie teelgroep was mnr Floris Venter van Polokwane.
Die omset van die veiling was as volg:
Diere in bomas: 1,921,950.00 en diere per katalogus aangebied was R1,620,000.00 wat die totaal op R 3,541,950.00 bring.
Die afslaer was Allan Sinclair van Vleissentraal Bosveld.