Leerders wys hul slag met mikrofoon

Leerders van Laerskool Thabazimbi wat een of meer toekennings by die Pretoria Kunswedstryd verower het. Hulle is vlnr: Elize-Mari Coetzee, Lize- Mari Rossouw en Petra Keyser.
Leerders van Laerskool Thabazimbi wat een of meer toekennings by die Pretoria Kunswedstryd verower het. Hulle is vlnr: Elize-Mari Coetzee, Lize- Mari Rossouw en Petra Keyser.

THABAZIMBI – Tydens die Pretoria Kunswedstryd wat Saterdag 31 Mei 2014 aangebied is, het vier leerders van Laerskool Thabazimbi gekompeteer in die mikrofoonsang afdeling.
Mikrofoonsang is nie die maklikste tegniek om te bemeester nie, want jy moet 6 dinge gelyk kan doen. Dit beteken die volgende, onder andere dat jy die hele tyd die mikrofoon voor jou mond moet hou. Jy moet die hele verhoog gebruik en beweeg. Daarby nog om die woorde te onthou en nootvas te wees. Dit vat ook ‘n bietjie kophou om op die regte oomblik saam met die musiek in te val en daarby moet jy die liedjie vertolkend sing.
Die leerders het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt en ons sal dalk baie meer in die toekoms van hulle hoor.
Die uitslae is as volg:
Liezelotte – gr 4: Sing drie liedjies en behaal vir twee van hulle A++ toekennings sowel as ‘n A+ toekenning.
Petra Keyser – gr 6: Sing twee liedjies behaal een A en ‘n A+ toekenning.
Elize-Mari Coetzee – gr 7: Sy sing een liedjie waarvoor sy ‘n A+ behaal.
Lize-Mari Rossouw – gr 7: Sing drie liedjies en behaal twee A+ toekennings.

Liezelotte Smit het twee A++ toekennings en een A+ toekennings tydens die Pretoria Kunswedstryd ontvang.
Liezelotte Smit het twee A++ toekennings en een A+ toekennings tydens die Pretoria Kunswedstryd ontvang.