ATKV-Thabazimbi woeker vir die gemeenskap

THABAZIMBI – Die ATKV-Thabazimbi woeker vir die gemeenskap met ‘n IDOLS- en Poësie skryf kompetisie.
Die IDOLS kompetisie vind plaas saam met die Wildsfees vir 12 jariges tot volwassenes. Die oudisies vind plaas Vrydag, 27 Junie van 13:00 tot 17:00 by Super KunsteGrot. Sluitingsdatum vir inskrywings is Maandag 23 Junie.
Registrasie sal bevestig word per sms. Al wat jy moet doen is om ‘n ligte Afrikaanse lied voor te berei, sonder begeleiding.
Die klankbaan is egter noodsaaklik indien jy sou deurdring na die finale rondte toe. Finaliste tree Saterdag, 28 Junie op die Wildsfeesverhoog op, dan word die wenners ook aangekondig. Vir enige navrae oor die IDOLD kompetisie kontak Mari van Jaarsveld by 083 615 3906 of Rita Volschenk by 083 7448559 /rivol@telkomsa.net

Die tweede ATKV kompetisie is die Poësie-skryf Kompetisie wat vir Graad Een tot Volwassenes is.
Die sluitingsdatum is 8 Augustus. Alle inligting en inskrywingsvorms verskyn op Laerskool Thabazimbi se Webwerf, www.lsthabazimbi.co.za
Op die tuisblad is daar aan die regterkant ‘n skakel na dié kompetisie. Dit is ook beskikbaar by Mev Karen Azar (Laerskool Thabazimbi), Mev Mariaan Senekal (Hoërskool Frikkie Meyer) Mev Rita Volschenk (Super KunsteGrot) asook by Laerskole Dwaalboom, Koedoeskop en Van Wykskraal. Vir enige verder navrae kontak Rita Volschenk by 083 7448559. Neem asseblief deel – dis groot pret!