Thabazimbi oorheers Netbal kring liga

WARMBAD – Laerskool Thabazimbi se agt netbalspanne het op Saterdag 22 Mei na Laerskool Warmbad toe vertrek om aan die Kring-kompetisie deel te neem. Die netbalspanne van Laerskool Thabazimbi het in totaal 30 wedstryde gespeel waarvan hulle 26 gewen het. Die 0/12 B span verloor ongelukkig met twee punte teen Jinnah Park Primary.
Al die 0/10 wedstryde was vriendskaplik. Die 0/10 A’s wen twee wedstryde en verloor twee. Die 0/10 B’s wen drie en verloor een wedstryd.
Spanne wat aan die liga deelneem is vanaf 0/11 tot 0/13. Die deelnemende skole was Laerskole Warmbad, Koedoeskop, Platina, Spa Park Primary en Jinnah Park Primary.
Laerskool Thabazimbi is baie trots om te sê vyf van hul ses liga spanne is Kring liga wenners. Die spanne is op die bygaande foto’s.
Saterdag 31 Mei is dit die Streek finale by Hoerskool Frikkie Meyer waaraan laerskool sowel as hoërskool netbalspanne gaan deelneem.

Laerskool Thabazimbi se 0/11 A Netbal-span vlnr voor:  Mariska Coetzee, Rego Mothlabane en Quinelle Blaauw. Agter:  Charné van den Berg, Mienke Engelbrecht, Areane Pretorius en Kentse Lekalakala.

Laerskool Thabazimbi se 0/13 B Netbal-span vlnr voor:  Inge Jacobsohn, Beanca Lethlole en Lethabo Gomba. Agter:  Lené van Zyl, Juanita van der Mewe, Anzel Meyer en  Megan Brits.

Laerskool Thabazimbi se 0/13 A Netbal-span vlnr voor:  Jani du Plessis, Minke van Eyk en  Carli le Roux. Agter:  Miné Lategan, Malebo Mbewe, Thato Mothudi en Suzaan Greeff.

Laerskool Thabazimbi se 0/11 B Netbal-span vlnr voor:  Leandri van der Merwe, Inneke Mulder en Juanesca Joubert. Agter: Chenique Horn, Emma Stow, Michayla Tulues en Megan Myburgh.

Anzel Meyer van Laerskool Thabazimbi het op 19 Mei aan die uitspele van die Verre-Noord Bokkieweek kompetisie deelgeneem.  Hierdie wedstryde  het plaasgevind op die bane van Hoërskool Hans Strydom in Naboomspruit.  Sy het die onderskeiding behaal deur opgeneem te word in die Bokkiespan.

Laerskool Thabazimbi se 0/12 A Netbal-span vlnr voor:  Rykie Combrink, Kelebogile Mothlabe, Chanté Brand en Relebogile Malapane. Agter:  Ruvé Blaauw, Danielle Janse van Rensburg en Kayla van der Merwe.